Spermskenker het geen vaderlike regte nie

‘n Pretoriase hof het beslis ‘n man wat sy sperm vir ‘n lesbiese paartjie geskenk het, het geen reg om met sy vyfjarige biologiese seun kontak te behou nie, al het hy hom goed geken. Kragtens wetgewing het spermskenkers geen vaderlike regte nie.