Spencer steeds spoorloos weg

Spencer Nakale is steeds vermis nadat hy spoorloos verdwyn het op 28 Desember verlede jaar by Lüderitz. Sy pa, Nelson sê hy kou vas aan hoop dat sy seuntjie, wat vier jaar oud was toe hy verdwyn het, eendag gevind sal word. Hy het aan plaaslike media gesê dat hulle nou inligtingsbokse aanbring sodat mense met inligting anoniem na vore kan kom. Die Karas-polisie se streeksbevelvoerder kommissaris David Indongo sê alles wat moontlik gedoen kon word, is gedoen. Spencer se spoor is gevolg tot by die teerpad wat die kusdorp verlaat en het daar verdwyn.