Spele: Parys-balkonne sal dalk nie hou nie

Olimpiese Spele: Kenners in Parys waarsku oor die gevaar van eeue-oue balkonne wat tydens vanjaar se Spele in die Franse hoofstad oorlaai kan word – veral tydens die openingseremonie wat plaasvind op bote op die beroemde Seine-rivier. Die Nasionale Eiendomsfederasie het owerhede gewaarsku die balkonne, wat vir slegs ‘n paar mense ontwerp is, sal nie die gewig kan dra as daar te veel mense op is nie. Daar word berig vooraf waarskuwings oor sekerheid en vervoerbeperkings het veroorsaak baie Parysenaars beplan om verlof te neem tydens die Spele en hul huise aan buitelandse besoekers te verhuur.