Saftu warm onder die kraag oor beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê hy is woedend dat die Eskom-bestuur en die regering nie beurtkrag beëindig nie. Dit ten spyte van president Cyril Ramaphosa se versekering dat hulle die energie-voorraad stabiliseer. Die kragvoorsiener het die naweek fase ses-beurtkrag ingestel nadat nege opwekkingseenhede buite werking geraak het, wat neerkom op 4 400 megawatt elektrisiteit. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dis kommerwekkend dat die ANC hulle swak bestuur van Eskom probeer rasionaliseer: