Spele: N-Korea onttrek

Noord-Korea het hom aan die Olimpiese Spele in Tokio onttrek weens kommer oor Covid-19. Die spele sou verlede jaar plaasvind, maar is weens die pandemie uitgestel. Internasionale media berig dat Suid-Korea se Ministerie van Eenwording sê hy is spyt oor hul noordelike bure se besluit. Hy sê hy het gehoop die Tokio-Spele sal ‘n geleentheid bied vir die twee Koreas om bande te verstewig nadat dit versleg het weens die dooiepunt in kernwapen-samesprekings tussen Amerika en Noord-Korea.