Spele: ja of nee?

‘n Japannese amptenaar het weer erken dat vanjaar se Olimpiese Spele moontlik gekanselleer kan word. Volgens die Kyodo-nuusagentskap het die Liberaal-Demokratiese Party se Woordvoerder, Toshihiro Nikai, gesê Japan sal miskien die Spele in Tokio moet afstel indien toenemende korona-virus gevalle die gebeurtenis onmoontlik maak. In antwoord op Nikai se kommentaar, het die Tokio-spele se reëlingskomitee gesê Premier Yoshihide Suga het herhaaldelik die regering se verbintenis uitgespreek om die Spele te laat voortgaan. Peilings dui op min steun in Japan om die byeenkoms tydens ‘n wêreldwye pandemie te hou.