Speenkalfpryse blyk om stadig te herstel

Daar word ‘n oplewing in die speenkalfmark voorsien met pryse wat die afgelope twee weke weer begin styg het. Vooruitsigte lyk nou skielik aansienlik beter met pryse wat tot ses Namibiese dollar per kilogram gestyg het. Volgens berigte bespreek verteenwoordigers van Suid-Afrikaanse voerkrale op veilings die sterk moontlikheid dat Suid-Afrika eersdaags weer vleis-uitvoere gaan hervat, wat positief is vir Namibiese produsente. Paul Klein van Agra Veilings het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…