Speaker van SA NV verwelkom uitspraak oor CR17-saak

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, sê vandag se hofuitspraak oor President Cyril Ramaphosa se CR17-veldtog gee duidelikheid oor die openbare beskermer se magte in verhouding tot dié van die Parlement. Die Konstitusionele Hof het bevind Busisiwe Mkhwebane se regstellende optrede was onwettig. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê Modise verwelkom die uitspraak en voeg by dat dit die beginsel van skeiding van magte afdwing waarop die land se grondwetlike demokrasie gevestig is.