Speaker van NV verdaag parlement weens Shixwameni se afsterwe

Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi het sopas die parlement verdaag weens die afsterwe van Alex Shixwameni, die leier van die All Peole’s Party. Hy het vroeër ineengestort terwyl hy ‘n staande komitee vergadering op buitelandse sake bygewoon het. Katjavivi sê die parlement verdaag om ere aan Shixwameni te bring.