Speaker moes sessie met Ramaphosa verdaag, tyd was op

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vergadering se programkomitee sal na verwagting vandag ‘n verslag van die forum vir hoofswepe ontvang en bespreek. Dit het betrekking op vrae wat President Cyril Ramaphosa Dinsdag nie klaar beantwoord het nie en hoe die kwessie in die toekoms hanteer moet word. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die sitting verdaag nadat die voorgeskrewe drie ure verstryk het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die speaker het nie probeer om die debat in die kiem te smoor of om Ramaphosa te beskerm nie: