Spanning tussen DRK-Rwanda neem toe na daar op vliegtuig geskiet is

Rwandese magte het op ‘n vegvliegtuig van die Demokratiese Republiek van die Kongo geskiet wat blykbaar sy lugruim onwettig betree het. Dit het gelei tot die verklaring deur die Kongolese regering dat Rwanda skuldig is aan ‘n oorlogsdaad. Die DRK het Rwanda se beskuldiging dat die straler in die Rwandese lugruim was ontken. Dit is die jongste dispuut tussen die twee lande wie se verhouding gespanne is deur ‘n rebelle-opstand.