Spanning in ANC duur voort

Dit het aan die lig gekom dat die ANC parlementslid, Bongani Bongo, uit die virtuele vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee geskop is, saam met die geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule. Bongo word van bedrog en korrupsie aangekla wat verband hou met eiendomtransaksies in Mpumalanga. Magashule is geskors na hy geweier het om in opdrag van die party se leierskap opsy te staan. Hy het intussen gesê hy gaan voort met sy take as sekretaris-generaal want hy het appèl teen die skorsingsbesluit aangeteken.