Spanje se sokkerafrigter verdedig homself teen kritiek

Sokker: Spanje se nuwe afrigter het homself verdedig teen kritiek dat hy nie oor genoeg topvlak ervaring beskik nie. Luis de la Fuente is as opvolger van Luis Enrique aangewys, wat afgedank is nadat Marokko die land verlede week in die Wêreldbekertoernooi se ronde van 16 uitgeskakel het. De la Fuente was voorheen afrigter van Spanje se jeugspanne. Hy het op ʼn nuuskonferensie daarop gewys dat hy 15 jaar lank ʼn beroepspeler was voor hy begin afrig het, en 16 van sy spelers is nou in die nasionale span.