SpaceX se Insipration4 tuig met sy bemanning van net burgerlikes keer na die aarde terug

Na drie dae in die ruimte en sowat 600-kilometer bo die aarde het die bemanning van
die SpaceX se Insipration4 tuig met sy bemanning van net burgerlikes, na die aarde
teruggekeer. Hulle Crew Dragon-kapsule het aan die Atlantiese kus van Florida in die
see geplons. Aan boord van die tuig was die 38-jarige biljoenêr Jared Isaacman, en drie
mense wat hy geborg het: Sian Proctor, ‘n geo-wetenskaplike en kunstenaar, Chris
Sembroski, ‘n ruimte-ingenieur en Hayley Arcenaux, ‘n dokters-assistent. Arceneaux het
geskiedenis gemaak deur die eerste ruimtereisiger te word om met ‘n prostese te reis.
Sy het beenkanker oorleef.