Spaar, mense, om jouself te help op jou oudag

Reaksie word ontvang op ‘n verslag dat die meeste Suid-Afrikaners in die werkersklas dalk lewenslank moet werk weens onvoldoende voorsiening vir die oudag, met slegs 6-persent wat in gerief kan aftree. Skokkend genoeg het 30 persent van diegene ouer as 50 geen aftreevooruitsigte nie. Dit is vermoedelik ook die geval in Namibië. Hein Kruger van Kruger Internasionaal sê mense moet leer om te spaar.