Spaanse man verdink daarvan dat hy ma vermoor, eet

‘n Spaanse man se verhoor op klagte dat hy sy 66-jarige ma vermoor en geëet het, het in die land se hoofstad Madrid begin. Alberto Sanchez Gomez is reeds in Februarie 2019 in hegtenis geneem. Toe polisie by die woonstel aankom is liggaamsdele reg oor die woonstel gevind. Gomez, wat aan geestesversteuring ly, en ook in die verlede dwelms gebruik het, sê hy kan nie onthou dat hy dit gedoen het nie. Hy was voorheen gewelddadig teenoor sy ma en sy het ook ‘n interdik teen hom bekom. Sy verhoor duur voort.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *