Spaanse atleet bly 500 dae in ‘n grot

‘n Spaanse atleet het 500 dae in ‘n grot buite Grenada, 70 meter ondergronds, deurgebring, sonder kontak met die buitewêreld. Dit was deel van ‘n eksperiment wat noukeurig gemonitor is deur wetenskaplikes wat meer wil leer oor die vermoëns van die menslike verstand en sirkadiese ritmes. Sirkadiese ritmes is fisiese, geestelike en gedragsveranderinge binne ‘n 24-uur siklus. Die 50-jarige Beatriz Flamini, ‘n sportvrou en bergklimmer, het volgens haar ondersteuningspan sodoende ‘n wêreldrekord opgestel vir die langste tyd wat in ‘n grot deurgebring is.