Eskom: Beurtkrag wissel die naweek

Eskom het aangekondig fase 5-beurtkrag word van môreoggend vyf-uur ingestel tot vier-uur die middag, wanneer die land terugkeer na fase 6. Woordvoerder Menzi Mngomezulu sê die besluit om fase 5 in te stel, is te danke aan ‘n laer vraag na krag oor die naweek. Hy sê fase 4-beurtkrag sal Sondagoggend vyf-uur ingestel word tot die middag vier-uur, wanneer fase 6 weer van krag sal word.