Sowat 4,3% van intreevlak-werknemers in SA is buitelanders

‘n Verslag het bevind 4,3 persent van intreevlak-werknemers in Suid-Afrika is buitelanders. Die Diensbillikheids-kommissie se verslag sê die groep verteenwoordig alle werkers op ongeskoolde vlak, veral in die private sektor. Die kommissie moedig werkgewers aan om voorkeur te gee aan Suid-Afrikaners om die skreiende werkloosheidskrisis op te los. Meer as 12 miljoen Suid-Afrikaners is tans werkloos. Die regering gee aandag aan die kwessie deur die Nasionale Arbeidsmigrasie-beleid en die Wysigingswetsontwerp op Indiensneming. Dit sal die indiensneming van buitelanders reguleer.