Sout-uitvoere presteer uitstekend

Sout-uitvoere vanaf die Walvisbaai-hawe het skerp toegeneem. Namport sê dat grootmaat sout-uitvoere tussen April en Julie verlede jaar van net meer as 93 000 metrieke ton tot net minder as 131 000 metrieke ton toegeneem het. Verpakte sout het effe afgeneem van 46 500 ton verlede jaar vergeleke met amper 30 000 ton in dieselfde tydperk vanjaar. Totale uitvoere is tussen April en Julie vanjaar op net meer as 160 000 metrieke ton gemeet teenoor 140 000 verlede jaar. Die sout word na verskeie bestemmings verskeep wat die VSA, verskeie Afrikalande en die EU insluit.