Sossus se trein bly in die nuus

Die trein bo Sossusvlei is steeds in die nuus. Die trein was beplan vir die laaste vyf-kilometer waar net 4×4 voertuie kan beweeg maar nou wil Laban Kandume, van Sky Eye Tours & Hospitality ‘n besigtigingstrein, vyf meter bo die grond, sowel as ‘n helium-lugballon daarstel sodat toeriste die vlei van bo af kan geniet. Die minister Pohamba Shifeta het reeds toestemming gegee sou die erfenisraad dit goedkeur en nou moet ‘n impakstudie gedoen word. Daar is op 1 April ‘n vergadering by Sossusvlei Lodge in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gepraat.