Duisende vanuit Oekraïne ly aan erge trauma, ingryping nodig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Pole sê byna 500 000 Oekraïnse vlugtelinge het ondersteuning vir geestesgesondheids-versteurings nodig. Die WGO se verteenwoordiger in Pole, Paloma Cuchi, sê 30 000 mense het ernstige geestesgesondheids-probleme. Cuchi sê die meeste van die vlugtelinge ly ook aan verskeie gesondheidsprobleme, insluitend diarree en ontwatering. Die woordvoerder van die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Vlugtelinge, Matthew Saltmarsh, sê twee-miljoen Oekraïners het reeds die grens na Pole oorgesteek.