Sosiale media onderbreek weens onrus

Facebook, WhatsApp en Instagram se dienste is gister in Ethiopië herstel, nadat dit vroeër die dag onderbreek is, sê NetBlocks, ‘n internet-moniteringsgroep. Die rede is onbekend, maar dit was al in die verlede volgens internasionale media weens politieke onrus onderbreek.