Sosiale media gons oor geen drank vir geen inenting

Sosiale media is aan die gons na ‘n LUR van Limpopo se voorstel dat mense wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie, verbied moet word om alkohol te koop. Die LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, het vroeër gesê drankhandelaars in die provinsie moet weier om alkohol te verkoop aan klante wat nie bewys kan lewer dat hulle ingeënt is nie. Een Twitter-gebruiker het daarop gewys dat mense sonder inentingskaarte net ander mét kaarte sal stuur om vir hulle drank te koop. Ramathuba het herhaal dat daar tans geen wetgewing is wat mense dwing om hulle te laat inent nie.