Sopkombuis heropen op Groot Aub

Die Faiza en Rodei Sopkombuis is ‘n familie-inisiatief op Groot Aub wat kos aan sowat 200 kinders en 50 bejaardes verskaf. Die sopkombuis het ‘n Kersete vir bejaardes en behoeftiges gehou waarna hulle vir die feesseisoen gesluit het. Die sopkombuis het weer die naweek hul deure oopgemaak. Charmaine Joseph, wat die sopkombuis saam met haar dogter begin het, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.