Soos Covid in China klim, so daal Brent

Brent ru-olie het vandag verder teruggesak na die kommoditeit rondom 96 Amerikaanse dollar ‘n vat Maandagmiddag verhandel het. Die mark is uiters skrikkerig omdat terwyl daar steeds voorsienings uitdaging by Opul-lede is, blyk dit nie asof China sy Covid-gevalle onder beheer kry nie. Die land het vandag 15 500 nuwe gevalle geregistreer, die hoogste sedert April verlede jaar toe 24 600 gevalle aangemeld is. Met ‘n nul-Covid-beleid, word gemeenskappe ingeperk, ongeag of daar vervaardigingsaanlegte is of nie. China is die wêreld se grootste invoerder ru-olie en sonder menslike aktiwiteit, is daar nie vraag na die kommoditeit nie. Brent verhandel tans rondom net bo 91 Amerikaanse dollar.