Sonder reën gaan hittetoestande voortduur

Die Namibië Meteorologiese Diens se jongste verslag dui aan die gemiddelde temperatuur was in Desember 24,8 grade Celsius, wat 0,6 grade Celsius bo die gemiddeld van 1991 tot 2020 was. Hittegolf toestande het in groot dele van die land geheers en die Karas-, Hardap- en Kunene-streke het drie opeenvolgende weke temperature van meer as 35 grade Celsius verduur. In die laaste twee weke van Desember het die Khomas-, Omaheke- en Otjozondjupa-streke ook maksimum-temperature verduur wat 35 grade Celsius oorskry het. Simon Dirkse van die Meteorologiese Diens sê Namibiërs kan nog uiters warm weer verwag, veral in die afwesigheid van reën