ANC belemmer toegang tot hoër onderwys: DA

Die DA is bekommerd oor beweerde korrupsie en wanbestuur by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, en die ANC-regering se onvolhoubare fooi-vrye model vir hoër onderwys. Die DA-lid, Chantel King, sê die uitvoerende hoof van NSFAS, Masile Ramorwesi, het verlede jaar gewaarsku 87 000 studente kan hul finansiering verloor weens begrotings-besnoeiings.