Sonder beheerraad sal verhuurders steeds ingeloop word

Talle verhuurders van eiendomme in Namibië volg nie die regte prosedure met huur-deposito’s nie. Die Huur-ordinans van 1977 is steeds van krag. Volgens wet, wanneer ‘n huurder hul deposito betaal, moet slegs 50 persent van die deposito geneem word en nie 100 persent wat die meeste verhuurders vereis nie. Wanneer die huurder uittrek, is die deposito van 50 persent veronderstel om met rente teruggegee te word omdat dit belê moet word. Simon Amunime, woordvoerder van die Affirmative Repositioning-beweging, sê wanneer die Huurbeheerraad geïmplementeer sal word, sal dit nie meer gebeur nie, maar die Huurbeheerraad is egter nog nie goedgekeur nie.