Sondebelasting kan e-sigarette op swartmark aanvuur

Kommer bestaan dat die nuwe sonde-belasting op damprook-produkte die swartmark kan aanvuur, soortgelyk aan die tabakverbod in 2020. Die belasting tree môre in werking in die buurland, voor regulasies oor damprook in die wet aanvaar word. Volgens die stigter van Vaping Saved My Life, Kurt Yeo, is dit verkeerd om damprook met sigarette te vergelyk, aangesien baie mense dit gebruik om op te hou rook. Yeo stel voor om skadevermindering-strategieë aan te neem, soos gesien in Swede, om die toenemende aantal rokers in Suid-Afrika hok te slaan.