Sondag is as Nasionale Dag van Gebed verklaar
Inligtingsminister Emma Theofelus het die publiek ingelig dat die daaglikse gedenkdienste vir wyle president Hage Geingob Maandag en Dinsdag na die president se woning in Windhoek sal terugkeer. Vanaf Woensdag word dit weer by die Independence Arena in Katutura gehou.
Theofelus het bygevoeg dat die president se oorskot in Windhoek sal bly tot sy begrafnis.
Komende Sondag is tot ‘n Nasionale Dag van Gebed verklaar, wat deur die Raad van Kerke in Namibië gelei sal word. ‘n Bid-diens vind van 4-uur tot 6-uur Sondagmiddag by die ZCC kerk in Hochland Park plaas.