Sommige winkels in SA stoot aartappelpryse kunsmatig op

Uit Johannesburg word daar berig dat sommige winkels die prys van aartappels kunsmatig opstoot terwyl verbruikers onder erge druk verkeer. Die Suid-Afrikaanse Potato Nation het die studie uitgevoer en toe ‘n bewusmakingsveldtog van stapel gestuur om verbruikers daarvan in te lig. Die hoof uitvoerende beampte van Aartappels Suid-Afrika, Willie Jacobs, sê gesprekke moet dringend gevoer word. Volgens hom is dit nie goed dat boere gedwing is om produkte van die mark af terug te vat nie omdat dit nie verkoop kan word nie en dan sien hulle daardie tipe pryse in winkels.