Somme oor brandstofprys vir Januarie kom eers later

Volgens die berekeninge van die AA gaan die petrolprys in Suid Afrika vir die derde maand daal, wat goeie nuus is vir vakansiegangers. Daar word verwag dat 95-oktaan petrol met 82 sent per liter gaan sak. Die Brent ru-olieprys het effe versterk maar het steeds in die afgelope 30 dae met amper 6 persent gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, ‘n ekonoom van die energie-ministerie gepraat, wat sê Namibië se somme sal eers aan die einde van die maand gemaak word voordat verbruikers ‘n aankondiging oor brandstofpryse kan verwag.