Oshana-polisie het nie motors nie, maar daar’s N$3m vir 2 voertuie vir Shikongo

Die Namibiese Polisiemag in die Oshana-streek ondervind steeds uitdagings met vervoer om betyds aandag te kan gee aan misdaad-oproepe. Die streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, het nou sy aangewese voertuig beskikbaar gestel vir polisiebeamptes om te gebruik wanneer daar geen ander voertuie beskikbaar is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sakaria gepraat oor die behoeftes van die polisiemag in die Oshana-streek.

Uitdagings met voertuie en toerusting is algemeen by polisiestasies regoor die land. Intussen is amper 3 miljoen Namibiese dollar bestee op die twee nuwe amptelike voertuie van die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo. Die mag het ook honderde beamptes bevorder en wil net minder as 1 200 kadetkonstabels aanstel.