Somaliese regering kry US$7m voorbetaling vir olie-eksplorasie

Somalië het ‘n petroleumeksplorasie-ooreenkoms vir sewe aflandige gebiede met die Amerikaanse Coastline Exploration onderteken. Ontdekkings van koolwaterstof-bronne in Uganda en Kenia en groot gas in Mosambiek en Tanzanië, het beleggers se belangstelling in ander dele van Oos-Afrika aangewakker. Die Somaliese minister van petroleum, Abdirizak Omar Mohamed, sê die ooreenkoms is die finalisering van ‘n vroeëre ooreenkoms wat in Februarie onderteken is, maar het nie besonderhede verskaf nie. Coastline, sê in ‘n verklaring hy het ‘n bonus van 7 miljoen Amerikaanse dollar aan die regering betaal en sal nou voortgaan met eksplorasie.