Solidariteit staan boerin by, borgaansoek begin Maandag

Fondsinsamelings in Suid-Afrika vir die Grootfonteinse boerin Magriete Wilhelm het reeds die 100 000 Namibiese dollar-kerf verbygesteek. Wilhelm is reeds op 16 Maart in hegtenis geneem na sy die 31-jarige Sakaria Kaandje doodgeskiet het op haar plaas 100 kilometer buite die dorp. Die Suid-Afrikaanse vakbond het volgens berigte die insameling gelei. Wilhelm het nog nie ‘n formele borgaansoek gebring nie maar haar prokureur Jan Wessels sê dit sal die komende Maandag plaasvind.