Solidariteit: SA arbeidsregulasies oorsaak van werkloosheid

Solidariteit glo die Suid-Afrikaanse regering se arbeidsregulasies is die grootste oorsaak van die land se stygende werkloosheid. Op 34,9 persent is die werkloosheidsyfer op sy hoogste vlak sedert die Kwartaallikse Arbeidsmag-opname in 2008 begin het. Die kwartaal se ekonomiese prestasie is swaar getref deur die burgerlike oproer wat in Julie in Gauteng en KwaZulu-Natal plaasgevind het. Die helfte van die land se ekonomiese aktiwiteite vind in hierdie twee provinsies plaas. Theuns du Buisson van Solidariteit sê die minimum loon en regulasies oor swart ekonomiese bemagtiging moet onmiddellik geskrap word sodat dit makliker is om werknemers aan te stel.