Sokkerspeler behaal twee driekunste in vyf dae

Sokker: Erling Haaland het beslis indruk by Manchester City gemaak. Die Noorweër het twee driekunste in vyf dae behaal. Haaland het Woensdagaand drie doele in die eerste helfte behaal in City se slagting van 6-0 teen Nottingham Forest, ná sy driekuns teen Crystal Palace vier dae tevore. Die 22-jarige het die eerste speler nog geword om nege doele in sy eerste vyf Premierliga-wedstryde aan te teken. Die spanbestuurder, Pep Guardiola is ingenome met sy doelskieters.