Sokkerliga sal begin, al dreig Unam met hofaksie

Die Direkteur van die Namibiese Sokker Premierliga Mabos Vries sê die liga sal afskop ten spyte daarvan dat die Unam Sokkerklub dreig om hulle hof toe te sleep. Unam is volgens berigte vies omdat hy nie ingesluit is in die liga nie. Nuusagentskappe berig dat Professor Frednard Gideon, die klub se Voorsitter ‘n brief aan die Namibiese Sokkervereniging se Sekretaris-Generaal Franco Cosmos gerig het en ‘n verduideliking geëis het oor hulle uitsluiting uit die liga. Gideon het gesê hulle sal ‘n dringende aansoek voor die hof in die verband bring en ‘n interdik aanvra die liga te stop. Volgens Vries sal die liga vandag afskop. In sy mening kan die sport en die liga nie verder uitgestel word nie.