Sokker: Walliese kaptein hang sy stewels op

Sokker: Nog ‘n groot naam het sy uittrede uit die internasionale spel aangekondig. Die besluit van Frankryk se kaptein, Hugo Lloris, volg slegs ‘n paar uur nadat die Walliese kaptein, Gareth Bale, bevestig het hy hang sy stewels om met onmiddellike ingang. Lloris het Frankryk verlede maand na die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi in Katar gelei waar hulle met strafdoele teen Argentinië verloor het. Die 36-jarige doelwagter sê hy glo hy het alles gegee in die rekordgetal van 145 wedstryde vir sy land. Hy sal steeds vir die Engelse klub Tottenham Hotspurs speel.