Sokker: Swede derde met Engeland en Spanje wat vandag veg om trofee

Sokker: Die Matildas van Australië se veldtog om die Vroue-wêreldbeker te verower het  op teleurstellende wyse tot ‘n einde gekom met ‘n nederlaag van 2-0 in die uitspeelwedstryd om die derde plek teen Swede. Die Australiese span is na hul nederlaag van 3-1 in die halfeindstryd Woensdag teen Engeland in alle fasette van die spel deur Swede oorheers. Dit is Swede se vierde Wêreldbeker-bronsmedalje. Beide Engeland en Spanje speel vandag vir die eerste keer in ‘n eindstryd. Vanmiddag se kragmeting skop om 12-uur Namibiese tyd af.