Sokker: Real Madrid klop Chelsea

Sokker: Die verdedigende kampioene, Real Madrid, het die tien-man Chelsea-span met twee-nul geklop in die eerste been van hul beslissende kwarteindstryd by die Bernabeu. Karim Benzema het in die 21ste minuut aan die tuisspan sy voorsprong besorg. Chelsea het egter die wind van voor gekry toe Ben Chilwell in die 59ste minuut met ‘n rooikaart afgestuur is. Marco Asensio het die voorsprong verdubbel en Madrid in ‘n sterk posisie te plaas vir volgende week se wedstryd by Stamford Bridge. Intussen het Ismael Bennacer se doel in die eerste helfte AC Milan ‘n geringe voorsprong oor Napoli gegee in die eerste been van hulle kwarteindstryd.