Mariene bioloog gee mening oor oseaanbesoedeling

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies António Guterres het gesê dat elke minuut die ekwivalent van een vullisvragmotor plastiek in die see gestort word. Hy sê om die impak van plastiek-besoedeling te versag, moet die produksie van plastiek verminder. As vullis in die see gestort word, kan die suurstof in die water uitgeput word. Dit lei tot swak gesondheid vir die seelewe as gevolg van ‘n gebrek aan suurstof. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, gesels oor of oseaan-besoedeling ‘n probleem in Namibië is.