Sokker-ondersteuners val Britse polisie aan

Vier-en-sestig mans is aangekla nadat Legia Warskou-ondersteuners die polisie buite Villa Park in Birmingham aangeval het voor hul Europese Konferensieliga wedstryd teen Aston Villa. Die West Midlands-polisie sê vyf beamptes, twee polisiehonde en twee polisieperde is beseer toe missiele gegooi is deur die besoekers. Die mag sê 43 mans is aangekla van ‘n openbare orde-oortreding, twee van die aanranding van polisiebeamptes en nog een van die besit van ‘n mes. Beamptes gaan voort om kringtelevisie en videomateriaal te hersien om verdere verdagtes te identifiseer.