Nuwe Windhoek-burgemeester ‘verbind tot pligte’

Windhoek se nuwe burgemeester, Queen Kamati van Swapo, het met 6 uit 11 stemme geseëvier by die stadsraad se ampsdraerverkiesing. Die vorige burgemeester, Joseph Uapingene, is die nuwe onder-burgemeester. Kamati sê as raadslede is dit hul plig om goeie dienste aan die inwoners van die hoofstad te lewer, en hulle sal hulle tot hul daaglikse pligte verbind.