Sokker: Nieu-Seeland verras Noorweë met 1-0
Sokker: Nieu-Seeland, mede-gasheer vir die Sokker-wêreldbeker vir vroue, het verras met ‘n oorwinning van 1-0 oor Noorweë in die openingswedstryd op Eden Park in Auckland. Noorweë het in 1995 die Wêreldbeker gewen. Hannah Wilkinson se doel in die 48ste minuut het die tuisspan sy eerste oorwinning ‘n in Wêreldbeker-kragmeting besorg, nadat Nieu-Seeland sy vorige 15 wedstryde verloor het. ‘n Rekord van 42 137 toeskouers het die wedstryd bygewoon.