Sokker: Ghana sê Safa is onbevoeg

Sokker: Die regsverteenwoordiger van Ghana se Sokkervereniging, Prosper Harrison Addo, het Safa aangevat nadat Fifa verlede week Suid-Afrika se appèl verwerp het. Safa is ontevrede met die optrede van die skeidsregter in die wedstryd waar Bafana Bafana in die Groep G-kwalifiserende wedstryd vir 2022 se Wêreldbeker-eindtoernooi teen Ghana verloor het. Die Black Stars het met die oorwinning hul plek in die Wêreldbeker-uitspeelronde verseker. Volgens Addo weet die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging niks van sokker af nie en het sy onbevoegdheid gewys.