Sokker: Derde aanbod vir Man United  

Sokker: Bieërs is tot die einde van die maand tyd gegee om ‘n derde aanbod in te dien om Manchester United te koop. Die bankier van Katar, sjeik Jassim Al Thani, en die Britse miljardêr Jim Ratcliffe het in Maart hulle tweede aanbiedings vir die Engelse Premierliga-klub ingedien, terwyl verskeie ander aanbiedings volgens berigte onlangs ontvang is. Die groep in Katar het meer as 114 miljard Namibiese dollar aangebied vir 100 persent eienaarskap, terwyl Ratcliffe ‘n 69 persent aandeel wil koop. Die Amerikaanse eienaars, die Glazer-familie, wil blykbaar 137 miljard dollar hê nadat hulle die klub in 2005 gekoop het vir 18 miljard dollar.