Sokker: Clive Barker môre in Durban begrawe

Sokker: President Cyril Ramaphosa het ‘n spesiale provinsiale kategorie 2 begrafnis aan die voormalige Bafana Bafana-afrigter, Clive Barker toegestaan. Die 78-jarige Barker is die naweek na ‘n siekbed oorlede. Bafana Bafana het onder sy leierskap die Afrika Nasiesbeker in 1996 gewen en in 1998 vir die eerste keer vir die Fifa-wêreldbeker gekwalifiseer. Die begrafnis vind môre by die Olive-konvensiesentrum in Durban plaas.