Sokker: Banyana hoop op sukses in moeilike groep
Sokker: Die Wêreldbeker-toernooi vir Vroue begin Donderdag. Dit word gesamentlik aangebied deur Australië en Nieu-Seeland. Banyana Banyana gaan probeer om die uitklop-rondes te haal ten spyte van hulle laaste plek op die ranglys in Groep G. Suid-Afrika is in ʼn baie moeilike groep saam met Swede, Argentinië en Italië. Hulle begin hul veldtog Sondag teen Swede en die ster-speler Thembi Kgatlana hoop hulle kan voortbou op hulle sukses in die Afrika-bekertoernooi.